Verken / Jag dag

So ek skryf die stuk so ‘n paar dae na die naweek, want die waarheid is dat ek so styf was na Saterdag se verken / jag dag in die Tararua berge dat nie lus was vir enige iets nie. My bene het my eers vandag begin vergewe… Sien, ek het met die eerte Covid-19…

Lang afstand skiet seisoen begin

Ek het begin 2019 by ‘n langafstand skyfskietklub aangesluit. Ons skiet op die weermag se skietbaan in Upper-Hut (Seddon range is so 30min se ry van Wellington af). Kompetisies word oor afstande geskiet wat wissel so van 300y tot 1000y. Op 300y skiet ons ‘n 50cm teiken, op 500y ‘n 80cm teiken en op ‘n…

Scully en Izzy

Ek moet natuurlik iets oor die ander gesinslede ook skryf. Hierdie is Scully so wit soos sneeu maar so stout soos…….. eintlik jok ek nou ‘n bietjie, hy was altyd baie stout maar so oor die jare het hy darem baie oulik en soet geword. Hierdie seun van ons het op die oomblik ‘n probleem,…

Die grasperk…

Julle sal dink met al die reen wat ons hier in New Zealand kry dat die gras wild en wakker groei – maar sal julle nie ‘n fout maak nie! Die wille gras groei, maar dis sulke lelike stokkerige gras wat net polle in die middel van die grasperk maak, so ek trek hulle uit,…

Suiwer Afrikaans vanaf die le Roux’s

Hallo aan almal wat op hierdie webtuiste rond kyk. Hierdie is ‘n blad om met familie en vriende ‘n paar gedagtes en foto’s te deel . Ons gaan ook probeer om suiwer Afrikaans te gebruik aangesien dit deesdae iets is waarmee ons sukkel. Almal in hierdie huis meng Afrikaans en Engels so baie dat ons…

Die begin

Hierdie is die eerste van baie opdaterings oor al die le Roux’s se doen en late. Hopelik sal die ons familie en friende wat op ander plekke in die wereld is so ‘n bietjie beter insig gee oor wat in ons lewens aangaan – al is ons op die ander kant van die wereld. Tot…